
Die Bybel is ‘n tydlose bron van waarheid en wysheid. Die beste manier om dit wat daarin vervat is, te ontgin, is om dit gereeld te bestudeer. In hierdie artikel deel ek graag ‘n klompie artikels met jou, wat jou gaan help met jou Bybelstudie-tyd in 2024. Dit maak nie saak of jy al lank Bybelstudie doen of nou maar eers begin nie, hier is iets wat vir elkeen van waarde gaan wees.
TYD IN DIE BYBEL.
Daar is sommer ‘n klomp redes waarom dit belangrik is om tyd in die Bybel te spandeer. Een daarvan is sodat ons die waarheid kan leer omtrent God – wie Hy is, wat Hy doen en wat Hy sê. As jy sukkel om tyd in die Bybel te spandeer, dan gaan hierdie twee artikels jou help.
‘N MAKLIKER MANIER OM TYD IN DIE BYBEL TE SPANDEER.
Om die Bybel te bestudeer hoef nie moeilik te wees nie. Dit kan so eenvoudig wees as om ‘n leesplan te gebruik en ‘n paar vrae te antwoord. Kom leer meer!
6 MANIERE OM MEER TYD IN DIE BYBEL TE SPANDEER.
Wil jy meer tyd in die Bybel spandeer. Gebruik dié 6 maniere om ‘n plan van aksie uit te werk wat jy vandag nog in werking kan stel.

HULP VIR BYBELSTUDIE.
Dalk het jy nie regtig ‘n probleem om tyd in die Bybel te spandeer nie, maar sukkel jy nog met Bybelstudie-tyd. Hier is ‘n paar artikels wat jy kan gebruik om jou daarmee te help. Daar is ‘n artikel oor hoe om met ‘n Bybelstudie-roetine te begin. Daar is ook een oor hoe jy moet fokus wanneer jy Bybelstudie-tyd het en hoe om jouself te motiveer om Bybelstudie te doen.
BYBELSTUDIE-HULP VIR BEGINNERS.
As jy nog nie lank Bybelstudie doen of selfs Bybel lees nie, dan wonder jy dalk waar jy veronderstel is om nou eintlik te begin? As jy ook hierdie vraag vra, dan gaan hierdie Bybelstudie-hulp vir beginners jou beslis help!
BYBELSTUDIEWENKE VIR BEGINNERS.
As jy nog nooit voorheen Bybelstudie gedoen het nie, of jy doen dit nog nie lank nie, dan gaan hierdie 10 Bybelstudiewenke vir beginners jou beslis help.
‘N BYBELSTUDIE-ROETINE – WAAR BEGIN EK?
Hierdie maklike stappe gaan jou help om, voor die einde van die jaar, die gewoonte aan te leer om ‘n Bybelstudie-roetine te volg.
HOE OM TE FOKUS WANNEER JY BYBELSTUDIE DOEN.
In hierdie artikel gesels ons oor 9 dinge wat jy kan doen om jou te help om te fokus wanneer jy Bybelstudie doen.
MOTIVEER JOUSELF OM BYBELSTUDIE TE DOEN.
Gebruik hierdie ses wenke en motiveer jouself om Bybelstudie te doen. Onthou jou waarom. Doen dit in ‘n groep. Werk met ‘n plan.

MAKLIKE BYBELSTUDIE-METODES.
Daar is sommer baie metodes wat jy kan gebruik om Bybelstudie te doen. Sommige van dié metodes is maklik, ander weer ‘n bietjie moeiliker. In die volgende artikels kyk ons na van die makliker studiemetodes wat jy in jou Bybelstudie-tyd kan gebruik.
DOEN SELF BYBELSTUDIE – 7 MAKLIKE STAPPE.
Die maklikste manier om te leer hoe om Bybelstudie te doen, is om dit self te begin doen. Volg hierdie 7 stappe om jou te help.
SWAARD BYBELSTUDIE METODE.
Die Swaard Bybelstudie Metode is ‘n eenvoudige studiemetode wat jy dadelik kan begin gebruik om jou Bybel te bestudeer.
‘WORD’ BYBELSTUDIE METODE.
Die ‘WORD’ Bybelstudie Metode is ‘n maklike metode wat jou gaan help om te sien wat die Woord regtig sê.
‘N KORT BYBELSTUDIE-METODE – 4 STAPPE.
Hierdie kort Bybelstudie-metode het net vier stappe. Dis ideaal vir jou stiltetyd, maar ook vir jou Bybelstudie-tyd.
DIE S.O.A.P.-METODE – IDEAAL VIR JOU STILTETYD.
Die S.O.A.P.-metode is ‘n maklike metode wat jy kan gebruik wanneer jy net ‘n kort stukkie uit die Bybel in jou stiltetyd lees.
Ons gebruik die S.O.A.P.-metode in die e-boek, Here, Leer My Hoe Om Bybelstudie Te Doen, wat in ons aanlyn-winkel beskikbaar is.

MEER GEVORDERDE BYBELSTUDIE-METODES.
Doen jy al ‘n hele ruk lank Bybelstudie? Dan is jy dalk al op soek na studiemetodes wat ‘n bietjie meer om die lyf het. Hier is ‘n paar artikels oor sulke tipe Bybelstudie-metodes.
HOE OM ‘N KARAKTERSTUDIE TE DOEN.
‘n Karakterstudie is ‘n Bybelstudie-metode wat fokus op een spesifieke karakter in die Bybel om meer oor hom te leer.
HOE OM ‘N TEMA-BYBELSTUDIE TE DOEN.
Die doel van ‘n tema-Bybelstudie is om soveel moontlik te leer oor ‘n spesifieke tema. Volg hierdie maklike stappe om so ‘n studie te doen.
DIE VERS-VIR-VERS BYBELSTUDIE-METODE.
In vers-vir-vers Bybelstudie-metode kyk jy na elke vers in die gedeelte wat jy studeer deur vyf vrae daaroor te antwoord.
Hierdie is maar net ‘n paar van die meer gevorderde studiemetodes wat ons al op Bybel En Gebed bespreek het. As jy in nog sulke metodes belangstel, kan jy gerus HIER ‘n draai maak.
AGTERGROND-INLIGTING OOR BYBELBOEKE.
Agtergrond-inligting oor die verskillende Bybelboeke is baie belangrik wanneer jy Bybelstudie doen. Dié inligting gaan jou help om die boek beter te verstaan. Hier is ‘n paar artikels wat ek reeds oor die agtergrond van verskillende Bybelboeke, geplaas het.
INTERESSANTE FEITE OOR GENESIS.
Sukkel jy met die Ou Testament omdat jy dinge nie verstaan nie? Hierdie interessante feite oor Genesis sal jou baie met die boek help.
EKSODUS: NOG DINGE WAT JY MOET WEET.
Eksodus is ‘n boek wat ons meer leer oor God se verlossingsplan vir die mens. In dié artikel kyk ons dinge wat jy oor die boek moet weet.
RUT: WAT JY MOET WEET.
Rut is die eerste boek in die Bybel wat na ‘n vrou vernoem is. In hierdie artikel kyk ons na dinge wat jy oor die boek moet weet.
Ek het al die agtergrond-artikels wat ek reeds geskryf het, HIER bymekaar gesit sodat dit maklik is om te kry.
BYBELSTUDIES.
Ons gesels nie net oor Bybelstudie en Bybelstudie-metodes hier op Bybel En Gebed nie. Ons doen ook party keer saam Bybelstudie, soos jy in die volgende artikels kan sien.
GENESIS 22:1-19: ‘N BYBELSTUDIE.
Ons gebruik die hoofstuk-Bybelstudiemetode om Genesis 22:1-19, waar Abraham vir Isak moes offer, te studeer.
EKSODUS 12 – ‘N BYBELSTUDIE.
In Eksodus 12 lees ons van die instelling van die Pasga, wat ‘n heenwysing is na Jesus en wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het.
‘N AGTERGROND-STUDIE OOR EFESE.
In hierdie artikel doen ons saam ‘n agtergrond-studie oor Efese sodat jy kan sien hoe om so ‘n studie prakties te doen.
PSALM 139: ‘N BYBELSTUDIE
In Psalm 139 skryf Dawid oor God se alomteenwoordigheid en Sy alwetendheid, en die effek wat hierdie eienskappe op die menslike hart het.

PAS TOE WAT JY LEER.
Ons weet dat dit belangrik is om te weet wat in die Bybel staan, daarom lees en studeer ons dit. Maar ons vergeet soms dat ‘n mens dit wat jy geleer het, in jou lewe moet toepas. Hier is twee artikels oor die toepassing van die Bybel in jou lewe.
PAS DIE BYBEL TOE IN JOU LEWE.
Hoe pas ‘n mens die Bybel in jou lewe toe? Hierdie stappe sal jou help om dit wat jy uit die Bybel leer, te begin uitleef.
HOE OM 2 TIMOTHEUS 3:16-17 TOE TE PAS.
2 Timotheus 3:16-17 leer ons die verskillende dinge wat God se Woord in ons lewens doen. Maar hoe pas ons dit toe? Lees hier vir die antwoord.
JOU GEBEDSLEWE.
Dis nie net jou Bybelstudie-tyd wat belangrik is nie, maar ook die tyd wat jy met God in gebed spandeer. As jy hulp nodig het met gebed, dan kan hierdie twee artikels vir jou van waarde wees.
DIE ELEMENTE VAN GEBED.
In die Onse Vader, die modelgebed, leer Jesus ons die verskillende elemente van gebed. Aanbidding. Lofprysing. Sondebelydenis. Voorbidding.
JOU GEBEDSLEWE: DIE ABC-GEBEDSMETODE.
Gebruik die letters van die alfabet om op God se Name te fokus wanneer jy bid.

DIE BYBELSTUDIE-METODE E-BOEK.
As jy nog hulp met jou Bybelstudie-tyd nodig het, dan is ons Bybelstudie-metode e-boek ‘n goeie idee. Jy kry dit gratis wanneer jy inteken op ons weeklikse nuusbrief deur jou inligting hieronder in te vul.
Maak ook ‘n draai in ons aanlyn-winkel. Daar is Bybelstudies en oordenkingsboeke te koop, wat jy in jou stiltetyd of Bybelstudie-tyd kan gebruik. En loer gerus nog ‘n bietjie rond hier op Bybel En Gebed. Jy weet nooit wat jy gaan raakloop wat jou in jou studie van die Bybel gaan help nie!
