Delf Dieper In Die Woord

 

Welkom by Bybel En Gebed, waar jy leer om God se Woord self te ontdek, verstaan en toepas. Hier kry jy nie net inspirasie nie, maar ook praktiese hulpmiddele: Bybelstudies, eenvoudige studiemetodes, artikels wat jou geloof verdiep en nog baie meer. Of jy nou al vir jare die Bybel lees en studeer, of pas begin het om jou verhouding met Jesus te versterk – jy is op die regte plek. Alles wat jy hier kry, is daarop gemik om jou te help om God beter te leer ken, deur Sy Woord.

Wat Om Volgende Te Doen:

  1. 📘 Laai die Bybelstudie-metode e-boek af – ontdek 9 eenvoudige maniere om jou eie Bybelstudie te begin en met vertroue die Woord te verken.

  2. 📚 Maak ’n draai in Die Bybelstudiehoek – kry toegang tot gratis Bybelstudies wat jy op jou eie tyd kan doen, sodat jy dadelik kan begin om God se Woord in jou lewe toe te pas.

Dis jou uitnodiging om nader aan God te groei – een bladsy op ’n slag.

Artikels Om Mee Te Begin

Hoe Om Met Bybelstudie Te Begin: 10 Wenke

Tien wenke om jou te help om met Bybelstudie te begin en die Woord van God beter te verstaan.

Die WIT Bybelstudie-Metode

Leer hoe om die WIT Bybelstudie-metode te gebruik om die Woord beter te verstaan en prakties toe te pas. Eenvoudig, doeltreffend, maklik om te volg!

Pas Die Bybel Toe In Jou Lewe

Hoe pas 'n mens die Bybel in jou lewe toe? Die stappe in hierdie artikel sal jou help om dit wat jy uit die Bybel leer, te begin uitleef.

Gewilde E-Boeke In Ons Aanlyn-Winkel

Die Gelykenisse Van Jesus Bybelstudie

In hierdie studie word die W.I.T.-Bybelstudie-metode (Waarneem, Interpreteer en Toepas) gebruik om sommige van die gelykenisse wat Jesus vertel het, van nader te bekyk. Jy gaan ook Bybelstudie doen oor die verskillende sleutelonderwerpe waaroor elke gelykenis gaan.

By Jesus Se Voete Stiltetyd-Gids

In Lukas 10:38-42 lees ons die verhaal van Martha en Maria. Martha was besig om rond te skarrel terwyl Maria by Jesus se voete gesit het en na Hom geluister het. As jy ook by Jesus se voete wil sit en luister, maar jy is nie lekker seker hoe nie, dan gaan hierdie stiltetyd-gids jou daarmee help.

Vroue In Die Bybel Oordenkingsboek

As jy meer wil leer oor van die vroue in die Bybel, dan is die Vroue In Die Bybel-Dagstukkieboek die ideale ding. In hierdie oordenkingsboek kyk ons na vroue wat ons inspireer met hulle geloof en gehoorsaamheid aan God. Ons kyk ook na vroue wat ver van God af geleef het, wie se voorbeeld ons nié moet volg nie.

Sluit By Ons Aan!

 

Teken in op ons  nuusbrief, wat elke Woensdag uitgestuur word. In dié brief gesels ons oor allerhande dinge wat met die Bybel en Bybelstudie te doen het. 

.