|
Splinternuwe Nader Aan Jesus Versameling Nou Beskikbaar Teen Slegs R127!
|
Welkom by Bybel En Gebed, waar jy leer om God se Woord self te ontdek, verstaan en toepas. Hier kry jy nie net inspirasie nie, maar ook praktiese hulpmiddele: Bybelstudies, eenvoudige studiemetodes, artikels wat jou geloof verdiep en nog baie meer. Of jy nou al vir jare die Bybel lees en studeer, of pas begin het om jou verhouding met Jesus te versterk – jy is op die regte plek. Alles wat jy hier kry, is daarop gemik om jou te help om God beter te leer ken, deur Sy Woord.
📘 Laai die Bybelstudie-metode e-boek af – ontdek 9 eenvoudige maniere om jou eie Bybelstudie te begin en met vertroue die Woord te verken.
📚 Maak ’n draai in Die Bybelstudiehoek – kry toegang tot gratis Bybelstudies wat jy op jou eie tyd kan doen, sodat jy dadelik kan begin om God se Woord in jou lewe toe te pas.
Dis jou uitnodiging om nader aan God te groei – een bladsy op ’n slag.

Ontdek hoe jy jou tyd saam met Jesus eenvoudiger kan maak en op jou verhouding met Hom kan fokus, sonder onnodige hulpmiddele.

As jou hart ontsteld is, onthou dat jy die voorreg het om te kan bid tot God die Vader en dat Hy jou nie net hoor nie, maar jou gebede ook antwoord.

Kom leer meer oor VOLG, 'n eenvoudige Bybelstudiemetode wat jou gaan help om saam met die Here Sy Woord te bestudeer en uit te leef.

Wil jy graag meer tyd saam met Jesus deurbring, maar weet nie altyd waar om te begin nie? Kom Sit By Jesus help jou om 'n ritme vir stiltetyd te vind wat by jóú en jou lewe pas. Jy sal ontdek hoe om 'n tyd en plek te kies, en hoe om jou tyd saam met die Here deur te bring op 'n manier wat jou help om met Hom te praat, na Hom te luister en Hom beter te leer ken.

Wil jy graag met Jesus praat, maar weet nie altyd wat om te bid of hoe om te luister nie? In Gesprek Met Jesus stel jou bekend aan die LUISTER-gebedsmetode — 'n eenvoudige, praktiese riglyn wat jou help om met 'n oop hart met Jesus te gesels en deur Sy Woord na Hom kan luister, sodat gesprekke met Hom 'n natuurlike deel van jou dag kan word.

Jesus, Die Bybel, En Jy is 'n praktiese e-boek wat jou stap-vir-stap leer hoe om die VOLG-metode te gebruik. Dis 'n eenvoudige en veelsydige metode wat jou help om Jesus deur die Woord te VOLG, te luister na wat Hy vir jou wil leer en die lesse uit die Skrif in jou daaglikse lewe toe te pas.
Teken in op ons nuusbrief, wat elke Woensdag uitgestuur word. In dié brief gesels ons oor allerhande dinge wat met die Bybel en Bybelstudie te doen het.
Jou inskrywing was 'n sukses. Welkom by ons!