Meer oor Bybel en Gebed

Bybel En Gebed

Die Bybel is die Woord van God. Dit is deur Hom geïnspireer en Hy gebruik dit op verskeie maniere in ons lewens.

Deur die Woord leer ons wie God is. Ons leer wat Hy doen en hoe Hy dit doen. Ons leer ook wat Hy sê sodat ons dieselfde kan sê.

In die Woord kry ons al God se beloftes opgeteken en wanneer ons die Woord hoor, word geloof in ons harte gewek.

Die Woord is die waarheid waardeur ons geheilig word – Johannes 17:17.

Ons word van binne af verander wanneer ons gedagtes vernuwe word deur die Woord – Romeine 12:1-2.

Die Woord is soos ‘n spieël waarin ons kyk om vir Jesus te sien sodat ons verander om aan Sy beeld gelyk te word – 2 Korinthiërs 3:13-18.

Dit is die lamp wat ons die weg wys, dit is die lig op ons pad – Psalm 119:105.

God gebruik ook die Woord om ons in die waarheid te onderrig, enige dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse by ons aan te kweek – 2 Timotheus 3:16.

Hierdie is maar ‘n paar van die dinge wat God deur Sy Woord in ons lewens doen.

Sien jy dus hoe belangrik dit is dat ons tyd in die Woord spandeer?

HOE BYBEL EN GEBED JOU WIL HELP.

Hallo. My naam is Risa Cronje.

Ek het ‘n passie vir die Here en vir Sy Woord en wil jou graag help om elke week ‘n bietjie Bybelstudie-tyd in die Woord te spandeer.

Ons gaan dus saam die Woord bestudeer sodat ons God beter kan leer ken en meer soos Jesus kan word.

WEEKLIKSE ARTIKELS.

Elke Maandagoggend deel ek ‘n nuwe artikel met jou.

Soms gesels ons oor ‘n Bybelstudie-metode. Ander kere doen ons saam Bybelstudie en gebruik een van die metodes, waaroor ons gesels het, sodat jy kan sien hoe dit werk.

Ons gesels ook oor die verskillende boeke van die Bybel, en wat jy oor elkeen moet weet. En natuurlik is daar nou en dan artikels met Bybelverse oor ‘n spesifieke onderwerp.

WEEKLIKSE NUUSBRIEF.

Jy kan ook inteken op ons weeklikse nuusbrief.

Daar gaan jy nog Bybelstudies kry, asook wenke om jou met jou eie studies te help.

Teken sommer nou in, voor jy vergeet!

FACEBOOK-GROEP

Jy kan ook aansluit by ons private Faceboek-groep.

Baie welkom hier by ons! Ek vertrou dat ons sommer nog lekker gaan gesels en saam baie tyd in God se Woord gaan spandeer.

Deel hierdie blad