2022: WAT JY KAN VERWAG OP BYBEL EN GEBED

2022: Wat jy kan verwag

Die begin van ‘n nuwe jaar is altyd ‘n tyd van nuwe dinge en geleenthede. Dis dié tyd van die jaar waar ons beplan wat ons alles in daardie jaar wil bereik. Ons maak nuwejaarsvoorneme en besluit op ons doelstellings (goals) vir die jaar.

Hier by Bybel En Gebed is dit dan ook nie anders nie.

Ek het iewers aan die einde van verlede jaar vir almal wat op my nuusbrief ingeteken is, gevra watter tipe artikels hulle hierdie jaar wil lees. (Terloops, as jy nog nie op die nuusbrief ingeteken is nie, vul jou gegewens in die vorm hieronder in en dis gedoen.) En toe doen ek my beplanning vir hierdie jaar volgens die antwoorde wat ek gekry het.

WAT JY HIERDIE JAAR KAN VERWAG.

As jy gereeld hier ‘n draai maak, dan sal jy weet ek skryf baie oor Bybelstudie-metodes en -wenke. Soms doen ons saam ‘n Bybelstudie oor een of ander gedeelte in die Bybel. En ek deel ook elke nou en dan die belangrike wat jy oor die verskillende Bybelboeke moet weet.

In 2022 gaan ons dit ‘n stappie verder neem en regtig konsentreer op elkeen van die afdelings wat ek hierbo genoem het.

Ons gaan leer hoe om Bybelstudie te doen deur te kyk na verskillende metodes en wenke. Dan gaan ons die metodes gebruik om saam Bybelstudie te doen.

Ons gaan kyk na verskillende onderwerpe en wat die Bybel daaroor sê.

En ons gaan kyk na nog belangrike dinge wat jy oor die verskillende Bybelboeke moet weet.

So kom loer gereeld hier in sodat ek jou kan help om jou Bybel te studeer en beter te leer ken.

Ons val vandag weg met ‘n kykie na van die vorige artikels. As iets jou oog vang of vir jou interessant lyk, kliek op die skakel en gaan lees die artikel. Dis dalk net wat jy vandag nodig het om jou ‘n hupstoot te gee in jou studie van die Bybel!

BYBELBOEKE: WAT JY MOET WEET.

Daar is soveel dinge wat ons oor die verskillende boeke in die Bybel moet weet, wat ons gaan help om ‘n boek beter te verstaan. Sommige dinge help ons om die verlossingsplan van God beter te verstaan. En dan is daar natuurlik die feit dat ons Jesus in elke boek van die Bybel kan sien.

Ons het verlede jaar gekyk na die eerste drie boeke van die Bybel en wat jy daaroor moet weet.

GENESIS: WAT JY MOET WEET

EKSODUS: WAT JY MOET WEET

LEVITIKUS: INTERESSANTE DINGE WAT JY MOET WEET

Ek het intussen nog dinge raakgeloop wat ek graag met jou wil deel, so wees op die uitkyk vir opgedateerde artikels oor hierdie drie boeke.

BYBELSTUDIE-METODES.

Baie mense sê hulle weet nie hoe om Bybelstudie te doen nie. Daar is egter ‘n hele klomp metodes – sommige maklik, ander ‘n bietjie moeiliker – wat jou kan help om te begin.

As jy nog sukkel met Bybelstudie, probeer dan een van hierdie metodes:

DIE SWAARD BYBELSTUDIE-METODE

BYBELSTUDIE: DIE HOOFSTUK-STUDIEMETODE

DIE BAAT-BYBELSTUDIE METODE

BYBELVERS-STUDIE VIR BEGINNERS

DIE ABC BYBELSTUDIE METODE

DIE ‘APPLE’ BYBELSTUDIE METODE

BYBELSTUDIE-ARTIKELS.

As jy wil sien hoe om van die studiemetodes te gebruik, kan jy die artikels hieronder gaan lees. Daar is ook skakels na ander artikels, waarin ons na ‘n spesifieke Bybelgedeelte gekyk het.

PSALM 62 – ‘N BYBELSTUDIE (SWAARD-METODE)

PSALM 19: ‘N MINI-BYBELSTUDIE

BYBELSTUDIE OOR PSALM 23

GELOOF, HOOP EN LIEFDE – ‘N BYBELSTUDIE

JOHANNES 1:1-18 – DIE WOORD

PSALM 103 – GOD SE WELDADE

BYBELSTUDIE-WENKE.

As jy op soek is na wenke oor hoe om Bybelstudie te doen of met een te begin, dan gaan hierdie artikels beslis help.

BYBELSTUDIEWENKE VIR BEGINNERS

BYBELSTUDIE-HULP VIR BEGINNERS

BYBELSTUDIE-WENKE VIR JOU STUDIETYD

HOE OM TE FOKUS WANNEER JY BYBELSTUDIE DOEN

BYBELVERSE OOR….

Een van die maklikste maniere om meer oor ‘n spesifieke onderwerp in die Bybel te wete te kom, is om verse daaroor te soek. Dit sal jou ‘n baie breë oorsig oor ‘n onderwerp gee.

Jy kan artikels met Bybelverse oor ‘n paar onderwerpe hier lees:

15 VERSE WAT HOOP GEE

VERSE VIR PAASTYD

BYBELVERSE OOR GELOOF

MOEDERSDAG – VERSE UIT DIE OU TESTAMENT

VERSE OOR GOD SE GENADE

ANDER INTERESSANTE ARTIKELS.

Ons het ondere andere al voorheen ook gekyk na dinge soos die feeste wat die Israeliete gevier het, hoe ons Jesus in die Tabernakel kan sien en profesieë oor Hom in Genesis.

SIEN JESUS IN DIE TABERNAKEL

JESUS IN LEVITIKUS (die verskillende feeste van die Israeliete)

PROFESIEë OOR JESUS IN GENESIS

GENESIS: HEENWYSINGS NA JESUS

Hier is nog ‘n paar ander interessante artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees:

6 MANIERE OM MEER TYD IN DIE BYBEL TE SPANDEER

ONTWIKKEL JOU GELOOF

WANNEER DIT MOEILIK IS OM TE BID

HOE OM 2 TIMOTHEUS 3:16-17 TOE TE PAS

STILTETYD-IDEES VIR BESIGE MENSE

‘N PLAN VIR DIE NUWE JAAR.

En as jy nog nie mooi weet wat jy hierdie jaar gaan doen om jou te help groei in jou geestelike lewe nie, dan kan hierdie twee artikels jou help:

GEESTELIKE GROEI – ‘N AKSIEPLAN VIR 2022

LEES DIE BYBEL – ‘N PLAN VIR 2022

Ek vertrou dat hierdie artikels jou gaan help om meer te leer oor die Bybel en oor Bybelstudie.

Kom maak gerus weer ‘n draai en onthou om in te teken vir die nuusbrief, as jy dit nog nie gedoen het nie.

Deel hierdie blad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *