15 VERSE WAT HOOP GEE

God is die bron van hoop en daarom is Sy Woord gevul met hoop. En, in ‘n tyd waar daar baie mense is wat besig is om hoop te verloor, is dit soveel belangriker dat ons as gelowiges ons harte vul met hoop uit die Woord. Alleenlik wanneer ons self hoop het in God, sal ons dit kan deel met ander en hulle so bemoedig en versterk.

Mag die Heilige Gees die volgende verse gebruik om jou oë weer op God te rig en mag jou hoop al hoe sterker word deur Sy krag!

1 Petrus 5:8-10: Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.
God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ‘n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

Psalm 34:18;20: As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.
Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.

Romeine 8:31-32: Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

Klaagliedere 3:21-23

Romeine 8:28: Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

Filippense 4:13: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Filippense 4:19: En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

Mattheus 6:31-33: Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.
Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Klaagliedere 3:24-26

Hebreërs 13:5: Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Deuteronomium 31:6: Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.

2 Korinthiërs 12:9: Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Psalm 23:1-4: Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

Psalm 147:10-11: Die Here het niks aan die krag van ‘n perd of die liggaamskrag van ‘n soldaat nie,
maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou.

Romeine 15:13
Deel hierdie blad

9 comments

    1. Hallo Quinton. Ek is ongelukkig nie op hoogte van boeke oor drome en watter een die beste sou wees nie. Jammer dat ek nie kan help nie!

  1. people put then self in difficult situations like drinking,smoking,abuse and don’t even go to work of school . So my comment is that this will help like for me and my family en friend for a motivation .

  2. GOEIEDAG EK VRA ASB VIR GEBED DAT GOD MY SALARIS VRYDAG SAL SEEN EN DAT GOD SELF MET DIT SAL WERK SODAT ALLES TEN GOEDE SAL UITWERK EK VRA NIE NET VIR MY NIE MAAR OOK ANDERE SN IN JESUS NAAM LAAT U WIL GESKIED DAT MY BEKERTJIE SAL OORLOOP EN DAROM DANK PRYS LOOF EN EER EK U ALREEDS MY GOD VIR DIT WAT U OOK VIR MY GEDOEN HET SEEN MY VYAND EN HULE WAT MY VERVLOEK HET IN JESUS NAAM AMEN

    1. Groeie naand, vra ASB vir gebed, aanvalle van bygeeste, geeste my liggaam is moeg, ek vertrou op die Here om hierdie hartseer wat ek het in my hart wat ek nie kan verduidelik weg the vat, in Jesus Naam amen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *