
As jy nog nie lank Bybelstudie doen of selfs Bybel lees nie, dan wonder jy dalk waar jy veronderstel is om nou eintlik te begin? As jy ook hierdie vraag vra, dan gaan hierdie Bybelstudie-hulp vir beginners jou beslis help!
Wanneer ‘n mens die eerste keer die Bybel begin lees, is dit logies dat jy dit van voor na agter gaan deurlees. Dit is tog wat ‘n mens met meeste ander boeke ook doen! Dit gaan jou ook help om ‘n goeie oorsig van die Bybel, en God se verlossingsplan vir die mens, te kry.
Maar daar is tog boeke wat ‘n mens nié sommer net van voor na agter deurlees nie. Dink nou maar aan ‘n kookboek. As jy ‘n nuwe resep wil uittoets, begin jy nie altyd op bladsy een nie. Nee, jy soek na ‘n resep wat vir jou lekker klink en maak dit dan.
Dieselfde is in ‘n mate waar van Bybelstudie. ‘n Mens hoef nie by Genesis te begin en die boeke die een na die ander in volgorde te studeer nie. Hoewel daar niks mee verkeerd is as jy dit so wil doen nie, is boeke soos Levitikus en Deuteronomium nie altyd sulke lekker boeke om oor Bybelstudie te doen nie.
Vandag gaan ek vir jou ‘n paar wenke gee om jou te help as jy nog nie baie Bybelstudie gedoen het nie, maar graag meer wil leer.
KIES ‘N ONDERWERP VIR JOU BYBELSTUDIE.
Ek het hierbo gesê dat ‘n mens nie ‘n kookboek van voor na agter deurlees nie. Nee, jy kies ‘n resep enige plek in die boek en maak dit dan.
As jy nie weer waar in die Bybel om jou studies te begin nie, maak dan soos ‘n mens maak wanneer jy ‘n nuwe resep wil beproef. Kies ‘n spesifieke onderwerp waaroor jy meer wil weet.
Sukkel jy bevoorbeeld om ander lief te hê en bo jouself te stel? Doen dan ‘n Bybelstudie oor liefde. Begin by Jesus in die Evangelies. Kies dié skrifgedeeltes waar Jesus met ander mense te doen het. Hoe behandel Hy hulle? Hoe praat Hy met hulle? As dit lyk of Hy bietjie hard is met hulle, hoekom doen Hy dit? Vind uit wat jy by Jesus kan leer oor liefde vir ander en om hulle eerste te stel.
Dalk is daar ‘n spesifieke sonde waarmee jy sukkel. Kom ons veronderstel jy sukkel daarmee om jou tong in toom te hou. Doen dan ‘n studie oor die tong. Wat leer die Bybel ons oor ons woorde? Wat leer die Bybel oor die tong?
Of miskien is daar ‘n karakter in die Bybel van wie jy nog altyd baie gehou het. Doen dan ‘n karakterstudie oor daardie karakter. Soek al die skrifgedeeltes waarin daar oor hom of haar geskryf word en studeer dit. Sien jy iets wat hy/sy gedoen het wat jy liewer nie moet doen nie? Of is daar voorbeeld wat jy wel kan volg?
WAT HET EK NODIG?
‘n Mens het nie veel meer as jou Bybel en ‘n notaboek nodig wanneer jy Bybelstudie wil doen nie.
Maar daar is tog ander dinge wat jou kan help en wat dinge vir jou makliker kan maak.
‘n Bybelstudie-plan is een hulpmiddel wat jou baie kan help wanneer jy nie weet waar jy Bybelstudie moet doen nie.
‘n Bybelstudie-plan gaan oor ‘n spesifieke onderwerp en gee vir jou ‘n klompie gedeeltes in die Bybel wat handel oor daardie onderwerp.
Hier by Bybel En Gebed het ons Bybelstudie-planne oor onder andere hoop, liefde, genade en God se voorsiening, wat jy gratis kan aflaai. (Gaan maak gerus elke nou en dan ‘n draai op die blad vir Bybelstudie-planne. Daar word elke nou en dan nog een bygevoeg.)
En as jy nie ‘n Bybelstudie-plan wil gebruik nie, dan kan ‘n konkordansie jou ook help.
‘n Konkordansie is ‘n alfabetiese lys van woorde in die Bybel met die toepaslike teksgedeeltes waar die woorde gevind kan word. Baie Bybels het ‘n kort konkordansie net na Openbaring. As jy egter nie so ‘n Bybel het nie, dan is die Internet jou volgende hulpmiddel. Daar is sommer heelwat webblaaie waar ‘n mens gratis konkordansies kan kry. Ongelukkig is hulle meestal in Engels, maar as jy belangstel om so ‘n Internet-konkordansie te gebruik, kliek HIER.
HOU DIT EENVOUDIG.
Jy het nou jou Bybelstudie-plan of konkordansie, maar wat nou?
Hou dinge eenvoudig.
Lees die voorgestelde gedeelte vir die dag ‘n paar keer deur. Doen dit hardop, as jy kan.
Gebruik dan ‘n Bybelstudie-metode om jou te help om die gedeelte van nader te bekyk.
Daar is sommer baie verskillende metodes wat jy kan gebruik. Daar is byvoorbeeld die A.P.P.L.E.-metode, die Swaard-metode en die W.O.R.D.-metode, om maar net ‘n paar te noem.
As jy belangstel in nog meer eenvoudige studiemetodes, dan is die gratis Bybelstudie-metode E-boek net waarna jy soek. Vul net die vorm hieronder in en ek stuur die boekie vir jou.
MOENIE HAASTIG WEES NIE.
As ‘n mens nog nie lank Bybelstudie doen nie, kan jy moedeloos raak wanneer jy dinge nie verstaan nie. Maar moenie toelaat dat dit jou terughou nie!
Onthou die ou gesegde – Rome is nie in ‘n dag gebou nie!
Net so gaan jy nie alles omtrent die Bybel in een dag se tyd leer nie. Om die waarheid te sê, daar is só baie wat ons daaroor moet leer, dat ons dit nie eens in ‘n jaar of selfs vyf jaar se tyd gaan leer nie.
Daarom is dit belangrik dat jy nie jaag nie.
Neem jou tyd wanneer jy Bybelstudie doen en vra die Here om jou te help om te verstaan.
Vertrou Hom dat Hy gaan lei na dit wat jy vandág moet weet en verstaan.
Om te leer om die Bybel te studeer is ‘n kuns wat enige een van ons kan aanleer, maar dit neem tyd.
Moet dus nie moed opgee nie.
Iemand wat leer klavier speel moet gereeld oefen, en hy word al hoe beter hoe meer hy oefen. Dis presies dieselfde met Bybelstudie. Hoe meer jy dit doen, hoe beter gaan jy dit kan doen.
Begin met die eenvoudige metodes en later sal jy die meer ingewikkeldes ook kan baasraak!
Ek vertrou dat hierdie Bybelstudie-hulp vir beginners jou gaan inspireer om te begin Bybelstudie doen. Ek vertrou ook dat die Here jou gaan help om soveel te leer, dat jy al meer tyd in die Bybel gaan spandeer en Hom net al hoe beter leer ken.

Indien moontlik kan u asb vir my alles op whatsapp stuur ek sukkel om emails te doen en te verstaan
Hi Elsie. Ek stuur nie tans enige van my goed op Whatsapp nie, maar dink ernstig daaroor om dit te begin doen. Hou dus die blad dop.
Ek maak met groot vrug gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) in my Bybelstudie. Die feit dat ek onmiddellik antwoorde in Afrikaans kry is vir my baie belangrik. Ek glo dat die Bybel die ge inspireerde Woord van God is en dat ons alles moet toets aan die Woord. Ongelukkig is my persoonlike kennis van die Bybel nie so goed nie, maar KI het ‘n ongelooflike, onmiddelike kennis van die Bybel.
In Afrikaans het ons verskillende vertalings van die Bybel en ek maak gebruik van die “You Version App”wat vir jou al die verskillende vertalings met een oogopslag laat sien. Ek lees dan die verskillende Afrikaanse vertalings deur en gebruik dan daardie vertaling wat ek die maklkste verstaan of wat duidelik tot my spreek. So glo ek dat God dan direk uit Sy Woord met my praat. In gevalle van verdere onsekerheid sal ek vir KI vra om vir my die oorspronklike Griekse of Hebreeuse vertaling of betekenis van woorde vir my te gee. Hierdie App is dan ook in staat om vir my te sê of die Afrikaanse vertaling in lyn is met die oorspronklike grondteks.
‘n Ander nuttige vertaling wat ek ook raadpleeg is die sogenaamde Groen Bybel of die PWL vertaling wat gratis beskikbaar is.
Die moderne elektroniese hulpmiddels is tot ons beskikking en ons moet gebruik maak daarvan. Dit het wel gevare, want die satan gaan ook hiervan gebruik maak om ons te mislei. Daarom kan jy nie Bybelstudie doen sonder die bystand van die Heilige Gees nie. Dit is vir my ‘n plesier om saam met God die waarhede in Sy Woord te ondersoek.
Omdat ek in ‘n mate aandag afleibaar en so lelik skryf dat ek my die skrif nie kan lees nie, maak ek gebruik van my tablet (IPad) om dan ‘n opsomming te maak. Ek kopieer dan ook die teks en nie die teksverwysing nie wat ek aan die einde en ook vir latere verwysing beskikbaar het. In baie gevalle waar ek voel dat dit nodig is om te deel sal ek dit vir myself en vir my vriende per epos stuur.
Goeie more
Dis Chantal Nel hier ek wil graag eendag in my eie bediening in gaan maar weet nog nie hoe om die Bybelstudie kusrses te doen nie dis my eerste keer is daar dalk moontlik dat U my kan help met riglyne van die Bybel ek as klein dogtertjie die Here gevolg en geluister in Sondag skool en Kerk en selfs as Tiener ook en op die ouderdom.van 16jaar is ek gedoop en die Here aan geneem as my Saligmaker en Redder en nou weer 6jaar terug ook en die Here het met meer met my in Drome gepraat en gereeld tekse verse gekry daar n moontlik dat U my kan help sal baie wardeer Dankie Uwe
Chantal
Hi Risa ek was moslem ek my hart vir die Here gegee dit is nou vi 4maande maar ek sukkel om die bybel te studeer en verstaan
Hallo Ikraam. Dis wonderlik dat jy Jesus aangeneem het as Verlosser! In die eerste plek wil ek vir jou sê dat jy nie moet moed opgee om die Bybel te studeer nie. Dis ‘n proses wat jou hele lewe lank gaan duur, want daar is altyd iets nuuts wat die Here jou daaruit kan en wil leer. In die tweede plek wil ek noem dat ek werk aan ‘n Bybelstudie-idee, waar ons almal saam gaan Bybelstudie doen, sodat dit makliker is om te doen en ook te verstaan wat in die Bybel aangaan. So, hou Bybel En Gebed se webblad dop vir meer inligting daaroor. (Ons mag dalk eers in 2025 daarmee begin, maar dalk ook ‘n bietjie vroeër.)
Baie Dankie vir Bybel studie inligting. ek Geniet dit om te lees waar se rad jy gee.
Groot plesier. Ek is bly dit beteken iets vir jou.
Hi Risa ek sukkel ook Om te verstaan wat ek in Bybel lees en ook hoe Om te bid
Ek wil graag groei in my geestelike lewe en die bybel beter verstaan
Hallo Risa. Ek wil graag beter verstaan wat ek lees.
ek wil Meer Leer indi bybel om my geestelike lewe optebou
Hi Risa dis Paul hier van Vanderbijlpark het jy dalk n Whatsapp groep vir mense wat Bybel studies doen en mekaar deur whatsapp kan help dalk? as jy het kan jy my groot asb epos na ppv.kruger.002@gmail.com ek het ook aangesluit om te begin met Bybel Studies en sal graag u hulp benodig miskien later van tyd
Middag Paul
Gaan google Bible Recap van Tara Leigh Cobble. Sy gee jou n lees plan om die Bybel in 365 dae in kronologiese order te lees met behulp van ‘n video na die tyd. Sy help jou om God se karakter in elke dag stuk raak te sien. Dit is nou in engels maar ek volg en verstaan mooi na ek my afrikaanse Bybel gelees het.
Goeie naand Risa ek het so pas ingeteken en sien uit om die weeklikse bemoedegings te ontvang . Ek is n beginner om bybelstudie te doen en het deur u riglyne gegaan en ek vertrou dit sal van groot hulp wees. Baie baie dankie.
Hallo Marina. Ek is bly die riglyne is vir jou van waarde. Geniet jou studies!
goeie more ek ht so n Jaar trug my hard VR DIE HERE gegee ma ek sukel om te groei om skrifte in di bybel te kn onthou. en ek sukel ook om te bid ek Wil baie graag di bybel leer sodat ek dt kn vrstan en meer in diepte on di word vn DIE HERE kn in gaan
Goeie more Risa, ek wil graag weet of jy dalk ook die bybelstudie van rut,ester het
Ongelukkig nie, maar ek sit dit op my lysie sodat ons volgende jaar daarna kan kyk.
Naand Hazel, kan jy my ook help om die bybel beter te lees en te verstaan en te bestudeer asb. Ek sal jou voorbeelde gebruik en glo ONS VADER sal my help met dit. Baie dankie.
Hallo Kobus. Kyk rond op die blad en jy sal verseker iets kry wat jou met Bybelstudie gaan help. Seën vir jou!
Ek sal graag ñ bybelstudie program wil volg.
Ek wil graag meer leer oor die bybel om my geestelike lewe te verbeter
Hallo, ek is voel ook soos die meeste van julle. Ver van God af. Ek het die verlange binne my om Hom beter te leer ken. N verhoudong te hê met n Lewende God. Is dit moontlik dat daar n whatsapp groepbgestig kan word om so mekaar te kan help.
Gerda, ons het ‘n FB groep waarby jy kan aansluit – https://www.facebook.com/groups/bybelengebed
Ek het die Bybel al twee keer van Genises tot Openbaring deurgelees. Weer by Genises begin en is nou by Psalms.
Ek voel nie of ek Bybelstudie doen nie. Ek gaan nou kyk of ek die hulp gaan kry – hoekom voel ek so ver verwyder van God.
My gebedslewe is ook nie reg nie. Het nou net ‘n klein boekie gelees ‘Hoe om te bid’
Hallo Pauline. Jy is een van min mense wat al deur die Bybel gelees het! Probeer een van ons Bybelstudie-metodes. Dalk help dit jou om in die gewoonte te kom om nie net jou Bybel te lees nie, maar dit bietjie dieper te studeer. Sterkte!
Ek voel presies so!
Het jy al meer sukses behaal?
Goeie more ek groet u in die die Naam van ons Koning Jesus.
Ek wil graag dieper geestelik groei en ek hulp nodig om die bybel te studeer en geestelik te groei, asook in my gebeds lewe..Sal u dit goed vind om my aan te teken asseblief…
Groete Hazel
Hallo Hazel. Jy sal ongelukkig self moet inteken om die weeklikse nuusbrief te ontvang. Ek neem aan dis waarvoor jy wil inteken. Vul net jou inligting in op enige van die vorms wat jy op die blad sien. Dis al! Baie seën en sterkte vir jou, ek vertrou ons gaan nog ‘n lang pad saam stap.
Ek sal graag ñ bybelstudie wil volg, en iets wil leer uit wat ek lees.