Gratis Bybelstudie-planne (PDF)

Gratis Bybelstudie-planne

Is jy op soek na gratis Bybelstudie-planne vir jou tyd in die Woord? Dan is jy nou op die regte plek!

WAAROM MOET EK BYBELSTUDIE DOEN?

Jy wonder dalk waarom dit nodig is om Bybelstudie te doen.

Daar is sommer ‘n hele komp redes, maar ek deel net ‘n paar met jou:

God wil graag hê dat jy Hom moet ken. Daarom maak Hy Homself in die Woord aan ons bekend. Hy leer ons die waarheid oor Homself – wie Hy is, wat Hy doen, hoe Hy dink en wat Hy sê.

God gebruik die Woord om ons te wys hoe ons was voor ons in Jesus geglo het. Dan gebruik Hy die Woord om ons te leer oor ons nuwe identiteit in Christus, asook oor wat ons s’n is as mede-erfgename met Christus.

God gebruik die Woord om ons die waarheid te leer. En wanneer ons daardie waarheid glo en leef, maak dit ons vry.

GRATIS BYBELSTUDIE-PLANNE.

Hierdie gratis Bybelstudie-planne is daar om jou te help om verskillende onderwerpe in meer diepte te bestudeer.

Gebruik enige Bybelstudie-metode wat vir jou werk. As jy sukkel en nog nie ‘n goeie metode gekry het nie, kan jy die W.I.T.-metode se vrae aflaai en dit gebruik. Dié metode is gebaseer op die ‘Inductive’ Bybelstudiemetode. Ek het lank gesoek na ‘n lekker Afrikaanse woord vir ‘inductive’, maar kon nie een kry nie. Daarom noem ek hierdie metode in Afrikaans die W.I.T.-metode (waarneem, interpreteer, toepas).

Ek gaan die Bybelstudie-planne bly aanvul, so maak gereeld ‘n draai om te kyk watter nuwe onderwerpe daar is.

Kliek op enige van die prentjies om die betrokke Bybelstudieplan af te laai.

Bybelstudie-vrae
Die genade van God - gratis Bybelstudieplan
Die liefde van God - gratis Bybelstudie-plan
God voorsien in jou behoeftes - gratis Bybelstudie-plan
Jou hoop as God se kind - gratis Bybelstudie-plan
Moenie bang wees nie - gratis Bybelstudie-plan
Deel hierdie blad