JESUS – WAT HY VIR ONS KOM DOEN HET

Jesus, wat Hy vir ons kom doen het

Ons het pas hierdie naweek Paasfees gevier. In Sy groot liefde en genade gee God die Vader Sy enigste Seun om vir ons sondes te sterf. Hy betaal die prys wat nie een van ons ooit self sou kon betaal nie.

Vandag deel ek graag ‘n paar artikels met jou oor Jesus, en wat Hy alles vir ons kom doen het.

GENESIS 3: DIE BELOFTE VAN ‘N VERLOSSER.

In Genesis 3 lees ons die verhaal van hoe sonde in die wêreld gekom en ons van God geskei het.

Jy ken die verhaal.

Nadat God die mens geskep het, het Hy vir hulle een opdrag gegee: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy” (Genesis 2:16-17).

En toe kom die slang.

Hy praat met die vrou en oortuig haar dat God eintlik vir hulle gejok het. Volgens hom sou hulle nie sterf as hulle van die boom eet nie. Hy vertel haar dat hulle oë sal oopgaan en dat hulle soos God sal wees deurdat hulle alles kan ken (Genesis 3:4-5).

Eva het sy stories, wat alles eintlik leuens was, geglo en van die vrugte geëet. Sy het ook vir Adam daarvan gegee en hy het geëet.

Die feit dat hulle die duiwel geglo het eerder as vir God, lei daartoe dat hulle sonde doen.

En in plaas daarvan dat dit vir hulle seën bring, soos die duiwel belowe het, bring dit vir hulle ‘n vloek.

LEES VERDER…

JOHANNES 3:16-17: DIE GESKENK VIR DIE WêRELD.

In Johannes 3:16-17 lees ons hierdie bekende woorde: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.”

Ons het almal al hierdie woorde baie kere tervore in ons lewens gelees en gehoor. Vandag wil ek egter jou aandag vestig op ‘n paar belangrike waarhede in die twee verse.

Sien jy daar in Johannes 3:16-17 staan God het die wêreld liefgehad?

Daar staan nie Hy het die kerk liefgehad nie, maar die wêreld.

Dit beteken God het elke mens lief wat nog ooit geleef het. Hy het elkeen lief wat vandag leef. En Hy het elkeen lief wat in die toekoms sal leef.

Dit beteken ook Hy het die mens lief terwyl hy nog ‘n sondaar is. Om die waarheid te sê, Romeine 5:8 sê presies dít. Hy het ons ook lief wanneer ons in geloof na Jesus toe kom sodat Hy ons kan red.

Sy liefde is nie gegrond in ons optrede nie. Hy het ons nie liewer wanneer ons Hom gehoorsaam en minder lief wanneer ons sonde doen nie. Nee, Sy liefde is onvoorwaardelik.

En Sy liefde vir ons sal nooit verander of ophou nie.

LEES VERDER…

Leer meer oor die gelykenisse wat Jesus vertel het deur die Gelykenisse Van Jesus Bybelstudie te gebruik. Die stappe wat jy in die studie volg, gaan jou ook leer hoe om self Bybelstudie te doen.

LUKAS 4 – WAT JESUS KOM DOEN HET.

Kersfees is vinnig besig om nader te kom, wanneer ons die geboorte van Jesus gaan vier.

Meeste mense weet Hy het gekom om vir ons sondes aan die kruis te sterf, sodat ons weer in ‘n verhouding met God kan staan.

Maar daar is soveel meer wat Hy op aarde gedoen het en steeds doen.

In Lukas 4:16-17 lees ons dat Jesus in Nasaret was en op die sabbatdag na die sinagoge gegaan het.

Daar het hulle die boek van die profeet Jesaja vir Hom gegee en Hy het daaruit voorgelees.

Die gedeelte wat Hy gelees het, was ‘n profesie oor Homself.

In verse 18-19 staan daar: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Dít is wat Jesus gedoen het toe Hy hier op aarde was.

En dit is wat Hy vandag nog doen.

Kom ons kyk so ‘n bietjie na elkeen van hierdie take.

LEES VERDER…

DIE NUWE LEWE IN JESUS CHRISTUS.

In 1 Petrus 1:3 lees ons: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In Sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ‘n lewende hoop…”

Die eerste ding wat jy ontvang het toe jy Jesus as Verlosser aanvaar het, was ‘n nuwe lewe.

Die ou lewe, die sondige lewe, die lewe sonder God, is vir altyd verby.

Jy het nou ‘n nuwe lewe waar God nie net deel is van jou lewe nie, maar waar jy een is met Hom (1 Korinthiërs 6:17).

LEES VERDER…

SIEN JESUS IN DIE TABERNAKEL.

In Eksodus 26-30 en 37-39 lees ons hoe die Tabernakel, en alles wat daarbinne was, gemaak is.

Rondom die Tabernakel of Tent van Ontmoeting was ‘n binneplein. Daar was net een ingang na die binneplein. In die binneplein was die brandofferaltaar en die waskom. Beide was van brons gemaak. Die brandofferaltaar was reg by die ingang en die waskom was tussen die altaar en die ingang na die Tabernakel.

Die Tabernakel het bestaan uit twee dele: ‘n heiligste deel en ‘n allerheiligste deel. Dié twee dele is van mekaar geskei deur die voorhangsel.

In die heiligste deel van die Tabernakel was die tafel vir die vertoonbrode, die kandelaar en die altaar vir die reukwerk en salfolie.

In die allerheiligste deel was die verbondsark.

Noudat ons weet hoe die uitleg van die Tabernakel gelyk het, kom ons kyk na hoe elkeen van hierdie dinge heenwys na Jesus en Sy werk aan die kruis.

LEES VERDER…

JESUS, ONS VERLOSSER EN VRIEND.

Jesus is ons Verlosser en ons Vriend. Hy het gekom en aan die kruis gesterf en vir ons sondes betaal. In Hom het ons nuwe lewe. Deur Hom kan ons ‘n verhouding met God hê. Kom ons eer Hom daarvoor!

Deel hierdie blad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *