OOR TUINMAAK EN DIE BYBEL

Tuinmaak en tyd in die Bybel is baie dieselfde. Dit vra tyd, aandag, en geduld. Neem ‘n doelbewuste besluit om te doen wat dit kos om jou Bybel te ken.

Oor tuinmaak en tyd in die Bybel

Ruth Soukup skryf in een van haar e-posse oor ‘blogging’ wenke, dat sy en haar man vir vyf jaar probeer het om hulle eie groente te kweek.

Hulle het baie foute gemaak, maar ook baie lesse geleer.

Sy skryf: “The very first lesson I learned was the harsh reality that gardening is not a ‘set it and forget it’ kind of hobby. It requires a lot of time, attention, patience, and trial and error. We need to plant the right seeds in the right location at the right depth. We need to test our soil’s pH levels and fertilize accordingly (and regularly).”

Klink dit sover al vir jou na groot werk?

Sy skryf verder: “We need to water often, but only at the correct time of day. We need to look out for the right bugs and spray for the bad bugs. Basically, we can’t just toss some seeds on the ground and expect to see the Garden of Eden three months later. We have to nurture our garden!”

OM DIE BYBEL TE KEN.

Haar woorde het my dadelik laat dink aan God se Woord.

Wat waar is van tuinmaak, is ook waar van tyd in die Woord.

Daar word beweer dat meeste Christene nie regtig weet wat in die Bybel staan nie.

Hulle mag ‘n vae idee hê, maar meeste van die tyd is hulle idee eintlik baie ver van die waarheid af.

Ruth het uitgevind tuinmaak is nie ‘n ‘set it and forget it’ ding nie.

Om die Woord te leer ken, is ook nie ‘n ‘set it and forget it’ ding nie.

SAAI DIE WOORD.

In drie van die Evangelies lees ons die gelykenis van die saaier.

Jesus sê die Woord is soos saad.

‘n Mens saai saadjies in jou tuin en versorg dit deur dit water te gee en seker te maak die goggas kom dit nie by nie. So nou en dan gee jy dit ook ekstra voedingstowwe.

Die Woord-saad wat ons in ons harte saai, werk ook so.

Voor jy hierdie saad kan saai, moet jy seker maak die grond (jou hart) is voorberei.

Jy moet ontslae raak van klippe en bossies.

Na jy die saad geplant het, moet jy dit versorg en water gee.

En ekstra voedingstowwe op die regte tyd is ook nie te versmaai nie.

Dan moet jy ook seker maak die bossies, wat jy aan die begin uitgetrek het, kom nie weer op nie. Al die onkruid moet gereeld weer uitgetrek word. (Lees die gelykenis van die saaier in Mattheus 13:1-23, Markus 4:1-20, en Lukas 8:1-15).

Dit beteken jy kan nie vandag ‘n paar verse lees en dan die Bybel vir die volgende drie weke ignoreer voor jy weer ‘n paar verse lees nie.

Só gaan jy nooit die Bybel leer ken nie.

Jy gaan nooit weet wat God oor verskillende onderwerpe te sê het, as jy Sy Woord só benader nie.

TYD, AANDAG EN GEDULD.

Om ‘n mooi en goeie tuin te hê vra van jou dat jy tyd en aandag daaraan gee.

Dit vra ook geduld.

Om die Bybel te leer ken vra ook tyd, aandag en geduld.

Dit gaan van jou vra om elke dag tyd opsy te sit om met die Woord besig te wees.

Sommige dae gaan jy ‘n hoofstuk of twee lees voor ‘n vers jou oog vang en die Here met jou daaroor begin praat.

Ander kere gaan jy net een vers lees voor dit gebeur.

Jy gaan ook langer tye opsy moet sit, sodat jy die Woord in diepte kan studeer.

Die plan wat jy volg om tyd in die Woord te spandeer, en die Woord in jou hart te kry, is nie regtig so belangrik nie.

Wat wél belangrik is, is om elke dag tyd in die Woord te spandeer, sodat die Here daardeur met jou kan praat.

Dit is die enigste manier om te leer wat in die Bybel staan.

Dit is ook die enigste manier om God werklik te leer ken om jou geloof in Hom te versterk.

En dit is verseker die enigste manier om die waarheid te leer ken, sodat jy nie val vir die leuens van die duiwel nie.

LEES OOK: OORDINK DIE WOORD: DIE VOORDELE

TYD IN DIE WOORD.

Wanneer het jy laas jou Bybel gelees?

Wanneer laas het jy tyd gespandeer om dit te bestudeer?

Onthou, ‘n mooi tuin verg aandag en tyd.

Om God se Woord te leer ken gaan ook aandag en tyd verg.

Neem sommer nou die besluit om van vandag af elke dag tyd in die Woord te spandeer.

Deel hierdie blad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *