VROUEDAG: BYBELVERSE VIR VROUE

Vroue is kosbaar in God se oë. Hier is 17 Bybelverse vir vroue om jou daaraan te herinner dat God jou liefhet en jou wil gebruik.

Bybelverse vir vroue - Vrouedag

Sonder vroue sou hierdie ou wêreld maar ‘n saai plek gewees het. Reg aan die begin, toe God alles geskep het, het Hy ‘n vrou in die Tuin gesit om ‘n maat vir die man te wees. Jesus is ook deur ‘n vrou in die wêreld gebring.

Oral in die Bybel is daar verhale oor vroue wat wys dat God hulle liefhet en hulle gebruik. Daar is Bybelverse oor vroue soos Maria, Debora, Hanna, Ester, Rut, Ragab en nog baie meer. Hierdie vroue het God vertrou. Hulle was geestelike leiers wat die lewe vreesloos en met wysheid aangepak het. Hulle is vir ons ‘n voorbeeld dat ‘n vrou enige iets kan doen wanneer God haar roep en haar bekragtig om Sy wil uit te voer.

Hierdie week vier ons Vrouedag, so hier is 17 Bybelverse vir vroue om jou daaraan te herinner dat God jou liefhet en by jou is. Hy gebruik steeds vroue om Sy wil uit te voer en Hy het ‘n spesiale plan vir jou lewe.

SPREUKE 11:16.

‘n Bekoorlike vrou palm eer in, maar geweldenaars palm rykdom in.

SPREUKE 31:17.

Daadkragtig omgord sy haar heupe; sy steek haar hande uit haar moue.

SPREUKE 31:25.

Krag en luister is haar bokleed; sy lag onbesorg oor die toekoms.

SPREUKE 31:26.

Haar mond maak sy oop met wysheid, en liefdevolle onderrig is op haar tong.

PSALM 28:7.

Die Here is my krag en my skild; op Hom vertrou my hart. Ja, ek het hulp ontvang en my hart jubel, met my lied wil ek Hom prys…

PSALM 46:5.

Daar is ‘n rivier – sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste.

LUKAS 1:45.

En gelukkig is sy wat geglo het dat die Here se beloftes aan haar vervul sal word.

JOSUA 1:9.

Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.

SPREUKE 31:30.

Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig; ‘n vrou wat vir die Here ontsag het, sy moet geprys word.

PSALM 139:14.

Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed.

EKSODUS 14:14.

Die Here self sal vir julle veg. Julle moet net stil bly.

1 KORINTHIëRS 15:10.

Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie vergeefs nie, trouens, ek het baie harder gewerk as al die ander – eintlik nie ek nie, maar die genade van God, wat met my is.

JEREMIA 29:11.

“Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die Here. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle ‘n toekoms en hoop te gee.”

1 PETRUS 3:3-4.

Julle skoonheid moet nie op uiterlike dinge berus nie – soos die vleg van hare, die dra van goue juwele, of die aantrek van elegante klere nie; 4maar op dit wat in die mens se hart verborge is – die onverganklike skoonheid van ‘n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is.

HOOGLIED 4:7.

Alles aan jou is mooi, my liefling, jy is heeltemal vlekkeloos.

KOLOSSENSE 2:10.

En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul.

2 TIMOTHEUS 1:7.

God het ons tog nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Ek vertrou dat hierdie Bybelverse vir vroue jou vandag bemoedig het en opnuut met geloof gevul het dat God jou liefhet en wil gebruik om Sy doel op aarde te bereik.

Gelukkige Vrouedag!

Deel hierdie blad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *