DIE NAME VAN GOD IN PSALM 23
Oral in die Bybel lees ons verskillende Name vir God. Elkeen van dié Name verteenwoordig ‘n unieke manier hoe God Homself aan ons bekend maak, want dit vertel ons meer omtrent Sy karakter. Sommige van die Name het God Self vir mense gegee. ‘n Voorbeeld hiervan is toe God in Genesis 17:1 aan Abraham verskyn…
