
My gunsteling Bybelvers oor vergifnis kom uit Kolossense 3. In vers 13 staan: “Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe.”
In hierdie vers sien ons nie net dat ons moet vergewe nie, maar ook waarom ons moet vergewe.
Ons moet ander hulle oortredinge vergewe omdat God ons vergewe het vir elke keer wat ons teenoor Hom oortree het.
Hier is ‘n paar van die belangrike Bybelverse oor vergifnis. Lees hulle, dink oor hulle en laat God jou leer wat jy oor vergifnis moet weet.
GOD VERGEWE.
God vergewe ons, sonder dat ons dit verdien of iets daarvoor gedoen het, wanneer ons in Jesus glo.
VERSE UIT DIE OU TESTAMENT.
Jesaja 55:7: Die goddelose moet van sy pad afsien, en die boosdoener van sy planne. Hy moet na die Here terugkeer, sodat Hy hom genadig kan wees, en na sy God, want Hy vergeef oorvloediglik.
Jeremia 31:34: “Hulle sal nie meer elkeen sy medemens of sy broer leer en sê, ‘Ken die Here!’ nie, want hulle almal sal My ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle,” is die uitspraak van die Here. “Want Ek sal hulle sondeskuld vergewe en aan hulle sonde sal Ek nie weer dink nie.”
Jesaja 43:25: Ek, ja, Ek is die Een wat ter wille van Myself jou oortredings telkens uitgewis het, jou sondes nie in herinnering geroep het nie.
Jesaja 1:18: “Kom tog, laat ons die saak uitpraat!” sê die Here. “Al is julle sondes rooi soos karmosyn, dit sal wit word soos sneeu; al is dit rooi soos skarlaken, soos wol sal dit word.”
Daniël 9:8-9a: Here, by ons is daar gesigte vol skaamte – by ons konings, ons hoë amptenare en ons voorouers, omdat ons teen U gesondig het; by my Heer, ons God, is daar ontferming en vergifnis.
Miga 7:18-19: Wie is ‘n God soos U? U is ‘n God wat skuld vergewe, wat by die oortreding verbygaan tot voordeel van die oorblyfsel van sy eiendom, wat nie vir altyd vasklem aan sy toorn nie, maar wat vreugde vind in troue liefde, wat ons weer genadig sal wees, ons skuld sal vertrap. U sal al ons sondes in die dieptes van die see gooi.
Psalm 103:12: So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.
VERSE UIT DIE NUWE TESTAMENT.
Handelinge 3:19: Bekeer julle en draai terug, sodat julle sondes uitgewis kan word…
1 Johannes 1:9: As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.
Efesiërs 1:7-8: In Hom het ons die bevryding deur sy bloed, die vergewing van ons oortredings uit die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons geskenk het, saam met alle wysheid en insig.
Kolossense 1:13-14: God het ons uit die mag van die duisternis gered, en verplaas na die koninkryk van sy geliefde Seun – deur wie ons bevryding, die vergifnis van sondes ontvang het.
Handelinge 13:38-39: Julle moet dus weet, broers, dat dit deur hierdie Man is dat die vergewing van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die Wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
VERGEWE MEKAAR.
Ons het nou weer gesien hoe genadig God is en dat Hy keer op keer vergewe. In Christus het Hy ons reeds vergewe en ons gereinig van al ons oortredinge.
Nou is dit ons beurt om Sy voorbeeld te volg. Wanneer iemand teen ons oortree, onthou ons dat God ons vergewe het en dan doen ons wat Hy gedoen het, en vergewe ook.
Hier is weereens ‘n paar verse om ons daaraan te herinner om God se voorbeeld te volg en te vergewe:
Kolossense 3:13: Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe.
Jakobus 5:16: Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n regverdige is baie kragtig in sy uitwerking.
Lukas 6:37: Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.
Efesiërs 4:31-32: Laat vaar alle bitterheid en woede en gramskap en geskreeu en gelaster, saam met elke vorm van kwaad. Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in Christus julle ook vergewe het.
Mattheus 18:21-22: Toe het Petrus nader gekom en Hom gevra: “Here, hoeveel keer sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe keer toe?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer nie, maar tot sewentig maal sewe keer.”
Markus 11:25: En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.
VERGEWE WANT JY IS VERGEWE.
God het die sonde van die hele wêreld op Jesus geplaas die dag toe Hy aan die kruis gesterf het. Hy het dus betaal vir die sonde van elke mens wat al ooit geleef het, nou leef en nog gaan leef.
As ons in Hom glo, dan is ons sondes vergewe. Ons is skoongewas deur Sy bloed en kan met ‘n rein gewete voor God kom staan.
Daarom moet ons nie hierdie wonderlike geskenk goedkoop maak deur te weier om ander te vergewe nie. Onthou, Jesus het vir hulle sondes ook betaal – ook vir daardie seermaak-ding wat hulle aan jou gedoen het. Met die hulp van die Heilige Gees, kan jy vergewe net soos God jou vergewe het!

Hallo daar,
Ek wil graag weet ek is n bekeerde kind van God maar ek sukkel om iemand te vergewe wat my aaklige dinge toegesnou het en verkies om iemand se leuens te glo. Ek is nie bitter en kwaad oor dit wat my toegesnou is nie want ek weet nie een van daardie dinge is waar nie maar ek sukkel om te vergewe omdat die persoon nie eers moeite gedoen het om my kant van die storie te hoor nie en het net bloot die leuens gehoor en aanvaar as waarheid.
Kan ek net dinge saam met God uitwerk en God vra om my te help om die persoon te vergewe of moet ek na die persoon toe gaan en dit oordra dat ek hulle vergewe?
Hallo Nadia. Jou vraag het my laat dink aan die gedeelte in Mattheus 5:23-24, waar Jesus sê as jy jou gawe na die altaar toe bring, en jy onthou iemand het iets teen jou, moet jy eers gaan regmaak en dan jou gawe bring. Jesus sê dit omdat verhoudings vir God baie belangrik is en omdat dit belangrik is dat ons, sover moontlik, in vrede en eenheid met mekaar leef. Ek stel voor jy bid oor die saak en vra die Here om jou te help om te vergewe. Vra Hom ook om vir jou die geleentheid te skep om met die persoon vrede te maak en maak dan so wanneer die geleentheid hom voordoen. Onthou, die ander persoon mag dalk, as gevolg van die leuens wat hy oor jou geglo het, nie belangstel om vrede te maak en die verhouding te herstel nie, maar doen jy van jou kant af wat jy kan om die verhouding te herstel. En vertrou die Here om jou daarmee te help. Sterkte!
Hi Nadia Ja dit is belangrik dat jy na die persone toe gaan en se jy vergewe hulle spreek hille vry en se dat God hulle nog steeds liefhet.alhoewel jy weet dis leuens wat gepraat was en dan breek jy dai gees vam leuens bind dit en spreek God se Woord dat net die waarheid mens vry maak amen.so laat jy God toe om in hulle harte te werk en gee God jou sy vrede want jy verneder jou voor Hom en Hy sal jou self oplig omdat jy gehoorsaam is en Sy Wil doen amen Ek moes ook kom leer wat dit is om opreg te vergewe ,want ek moes my oorlede seun se moordenaar in die oe kyk en se dat ek hom vergewe en dat God hom nog steeds Lief het wat nie maklik was nie,maar dit gaan nie oor ons nie maar oor God en om Sy wil te doen En seen hulle bid vir hulle .want God het almal lief ,hy het vir almal se sondes gesterwe .amen
Goeie more
Ek is ‘n bekeerde Christen en het 40 jaar gelede ‘n persoon se lewe verwoes. Ek het by God vir vergifnis gevra en ek weet dat deur die bloed van Jesus ek vergewe is.
My vraag: Moet ek na die persoon toe gaan en hom om vergifnis vra wat ek aan hom gedoen het?
Jesus het gesê as ons weet iemand het iets teen ons, moet ons gaan regmaak. Dis dus ‘n goeie idee om na die persoon toe te gaan en om vergifnis te vra. Dalk gaan hy jou vergewe, dalk nie. Maar ten minste het jy dan gedoen wat die Here sê jy moet doen en probeer vrede maak tussen julle twee.
Asb al my geliefdes
epoes my versre oor om mense te vergewe en as ek dit verkeerd doen. ook verse wat is fan die oorsaak. ek is ook maar verlorexen dink ek is reg. ek wil reg leef en soe ook antwoorde asb.
jul kan my wattsapp ook 0647228604
goeie more
Wanneer ek iemand na aan my vergewe.
1 moet ek dit vir of aan hom sê
2 moet ek hom steeds nader as of alles dan verby en en lief hê, kosteloos
3 mag ek vergewe en steeds daai persoon net vermy
4 word dit van my verwag om daai persoon wat my seer gemaak het, steeds behandel as hy my weer gaan teleeurstel
5 is vergifnie van ‘n mens na mens. of net tussen ek qat seergemaak is en Jesus. Moet daai persoon wert hy is vergewe en moet ek dit wys. ek weet hy werk nou hart om te verbeter en Jesus weer no 1 te maak in sy lewe. maar moet ek my vergifnis wys of is dit net tussen my en Jesus
6 het ek jom vergewe al het ek geen geduld meer teenoor hom nie. hy was nie genoeg om my verlede te help uitsort nie. as ek hom vergewe sal hy fan genoeg wees. hy sê hy kan my net support oor my verlede maar ek soek sy hilp. hy sê gaan soen ‘n pastoor, mediatoer 9f sielkundige. is ek te rof dan op hom omdat hy afgebreek voel
6 ek sê hom ek het hom vergewe maar wil steeds alles van hom wegvat want my pad voel reg kwt die Here, hy sê ek verstaan nie vergifnis nie en dit klink vir hom ek toets “betray” Jesus om so op te tree. ek sê dan vir hom ek het hom vergewe en mynpad is reget Jesus. nou voel hy ek mag hom nie steeds to count hou nie qant hy vergewe 100% ek moet ook
7 hoe kan ek weet of ek reg vergewe. wat jan gebeur s ek vergewe net in woord en nie daad nie. is daar dan ‘n verkeerde manier on te vergewe. hy sê die enn wa die seer maak het het voel nie sie seer soos die een eat geper qas vir maande nie. ek het hom seer gemaak oor my verlede toe gee hy op na 5 maande en sê hy kannie meer nie. ek het net sy hulp gesoek en hy gee toe op. so ek vergewe hom daarvoor maar wil nolou iemand hê wat my kan help. hy het baaie nagye en ure geluister. toe hy opgee oor my toe voel ek verraai. ek vergewe hom. maar viel hy kon meer doen.
is my verlede my man se kans om dit uit te
sort? hoekom trou mens dan as my verlede my pla en ons dan 1
dankie vir die lees. hoop julle kan my insig, wysheid en ook help om my in die Woord, bybel my op regte pad te hou of sit.
is ek dalk te hart op hom
baie groete
Hi daar. Ek is seker daar is ander mense wat ook hierdie vrae vra, so ek sal ‘n artikel skryf waarin ons meer daaroor gesels.
Goeie middag die Bybel verse dit beteken vir my baie veral in die toestand wat ek nou in is ek het ook bebed nodig
Manie, ek is bly die verse beteken iets vir jou. Bid vir jou.
Baie dankie somtyds voel dit vir my of die HERE so ver is dan voel ek so moedeloos wat is die probleem
Joey, ek dink ons voel almal van tyd tot tyd so. Die een belangrike ding wat ons moet onthou, is dat die Here nooit regtig ver van ons is nie. Deur die Heilige Gees woon Hy in ons, so Hy is altyd daar. Daar kan verskeie redes wees waarom ‘n mens voel die Here is ver. Ek het al so gevoel wanneer ek iets nodig gehad het, en die Here nie so vinnig voorsien het soos ek gedink het Hy gaan nie. Hy het beslis op die ou end voorsien, maar my tyd was nie Syne nie. Ek weet nie of jy dalk ook nou in so ‘n situasie is en dit dalk die probleem is nie. Maar ek weet verseker dat God altyd by jou is, so jy hoef nooit moedeloos te voel nie. Sterkte vir jou!
Goeie more. Baie dankie virjou gebed. Ook vir die werk wat jy doen. Mag jy geseen wees in alles wat jy doen. groete. Ellen v d Berg.
Hallo Ellen. Dis sommer ‘n groot plesier. Bly dit het iets vir jou beteken. Seën vir jou!