Description
In Lukas 10:38-42 lees ons die verhaal van Maria, die suster van Martha, wat by Jesus se voete gesit het om na Sy woorde te luister. Terwyl Martha besig was om rond te skarrel om alles reg te kry vir die besoek, het Maria gekies om die een ding te doen wat regtig saakmaak — om tyd te spandeer in die teenwoordigheid van die Here.
Ek en jy word elke dag voor ‘n keuse gestel. Ons kan, soos Martha, rondhardloop om die verantwoordelikhede en take van die lewe so vinnig as moontlik af te handel. Of ons kan, soos Maria, tyd neem om by die voete van Jesus te gaan sit en na Hom te luister.
By Jesus Se Voete is ‘n stiltetyd-gids wat bedoel is om jou te help om te leer om presies dít te doen, as jy dit nog nie voorheen gedoen het nie of nie mooi weet hoe om dit te doen nie.
Kies vandag om ‘n dieper verhouding met Jesus te bou deur die gejaagdheid van die lewe eenkant toe te skuif sodat jy jou gedagtes en hart kan fokus op Sy teenwoordigheid.
Kry jou kopie van By Jesus Se Voete en ontdek die vreugde van tyd saam met Hom.
Die boekie is in PDF-formaat, wat dit ideaal maak om op jou foon af te laai sodat jy dit enige tyd, enige plek kan lees.
** Hierdie is ‘n digitale, drukbare produk (PDF) en daarom sal geen geld teruggegee word na die produk aan jou gestuur is nie. **





Reviews
There are no reviews yet.