PSALM 103 – GOD SE WELDADE
Psalm 103 is een van my gunsteling psalms in die Bybel. Daar is soveel wonderlike dinge omtrent God, die mens en die skepping wat ons daaruit kan leer. Vandag gaan ons net die eerste vyf verse van hierdie psalm so ‘n bietjie van nader bekyk. So vat jou Bybel en lees eers die psalm deur…
