Description
In die verhale in die Bybel is daar verskeie vroue wat uitstaan. Sommige staan uit omdat hulle merkwaardige vroue was. Hulle inspireer ons met hulle geloof, wysheid, getrouheid en karakter. By hulle leer ons wat dit beteken om vas te staan in geloof ten spyte van die probleme wat hulle pad gekruis het.
Dan is daar ook vroue wat om al die verkeerde redes uitstaan. By hulle leer ons wat ‘n gelowige nié moet doen in haar geloofsreis saam met God nie.
In hierdie dagstukkieboekie gaan ons kyk na 18 van hierdie twee tipes vroue in die Bybel. Ons gaan gesels oor vroue soos Ester, Debora, Maria Magdalena, Isebel en Delila. Hulle verhale gaan jou aanmoedig om ‘n lewe te leef wat God eer en wat vir ander tot voorbeeld is.
Die boekie is in PDF-formaat. Dit beteken jy hoef dit nie uit te druk voor jy dit kan lees nie. Jy kan dit sommer op jou foon of rekenaar aflaai en daar lees.
Belê vandag nog in hierdie oordenkingsboekie en leer meer oor vroue van wie ons in die Bybel lees.
** Hierdie is ‘n digitale, drukbare produk (PDF) en daarom sal geen geld teruggegee word na die produk aan jou gestuur is nie. **






Reviews
There are no reviews yet.