Description
Psalm 119 is die langste en een van die diepste psalms in die Bybel. Dit is vol wysheid oor God se Woord en hoe dit jou kan help om sterker in jou geloof te staan.
In hierdie oordenkingsboek kry jy vir 22 dae die geleentheid om stil te word met God se Woord en ‘n stukkie van Psalm 119 te lees, waarna ons ‘n bietjie gesels oor iets wat jy uit die gedeelte vir die dag, kan leer. As jy besluit om die e-boek te druk, dan is daar ook elke dag plek waar jy jou gebed kan neerskryf in antwoord op wat jy geleer het.
My doel met hierdie e-boek is om jou te help om hierdie psalm nie net te lees nie, maar om dit te leef. Begin dus sommer vandag nog jou Reis Deur Psalm 119 en ontdek die vreugde van ’n lewe wat gebou is op en geanker is in God se Woord.
Die boekie is in PDF-formaat, wat dit ideaal maak om op jou foon af te laai sodat jy dit enige tyd, enige plek kan lees.
** Hierdie is ‘n digitale, drukbare produk (PDF) en daarom sal geen geld teruggegee word na die produk aan jou gestuur is nie. **






Reviews
There are no reviews yet.