Description
Jou hartsbegeerte is om nader aan Jesus te leef. Jy weet hoe belangrik dit is om tyd saam met Hom deur te bring. Jy wil graag Sy Woord lees, met Hom praat en Hom beter leer ken. Maar wanneer jy uiteindelik tyd opsy sit, wonder jy: Waar begin ek? Wat moet ek lees? Wat moet ek doen? En hoe weet ek of ek dit reg doen?
Dalk stap jy nog nie die pad saam met Jesus baie lank nie en dit voel vir jou asof alle ander gelowiges weet hoe om stiltetyd te hou, net jy weet nie.
Of dalk stap jy al jare saam met die Here, maar jy het jou tyd saam met Hom iewers tussen al die verantwoordelikhede van die lewe op die agtergrond geskuif. Nou wil jy graag weer doelbewus tyd vir Hom maak.
Wat ookal jou situasie, jy kan begin net daar waar jy is en dit een dag op ‘n slag neem.
Kom Sit Saam Met Jesus
Kom Sit By Jesus is ‘n praktiese gids wat jou wil help om jou tyd saam met Jesus te begin. Met dié gids wil ek nie vir jou nog ‘n taak op jou doenlysie te gee nie, maar jou help om ruimte te maak om by Jesus stil te word, Sy Woord te lees en jou verhouding met Hom te koester.
Die gids is daar om jou aan te moedig om:
– Tyd opsy te sit om by Jesus stil te word.
– Jou tyd saam met Hom met meer doelgerigtheid aan te pak.
– Te groei in jou begeerte om Hom beter te leer ken.
– ‘n Beginpunt te hê wanneer jy nie mooi weet waar om te begin nie.
– Weer te begin wanneer jou stiltetyd agterweë geraak het.
Hierdie gids is vir jou as:
– Jy nog nooit regtig stiltetyd gehou het nie en nie weet hoe om te begin nie.
– Jy graag ‘n eenvoudige beginpunt vir jou tyd saam met Jesus wil hê.
– Jy al lank ‘n gelowige is, maar weer wil fokus op jou verhouding met die Here.
– Jy voel dat jou dae so vol geraak het dat jy nie meer doelbewus tyd vir Jesus maak nie.
– Jy graag nader aan Jesus wil leef en Hom beter wil leer ken.
Jou Tyd Saam Met Jesus Hoef Nie Ingewikkeld Te Wees Nie
Ek wil jou graag aanmoedig om nstiltetyd nie as nog ‘n verpligting te sien wat jy moet afhandel nie. Dis ‘n geleentheid om tyd saam met die Here deur te bring, Hom beter te leer ken, Sy Woord te lees en om jou hart met Hom te deel en te groei in jou verhouding met Hom.
Sommige dae sal dit makliker wees as ander. Soms sal jou gedagtes dwaal of sal jy wonder of jy genoeg tyd het. Moenie dat dit jou ontmoedig nie.
Kom sit weer. Begin weer. Hou aan om Hom te soek.
Is jy gereed om te begin?
Laat Kom Sit By Jesus jou help om die eerste tree te gee, of om weer opnuut tyd te maak vir die Here.
Produkbesonderhede:
Produk: Kom Sit By Jesus
Formaat: Digitale PDF-e-boek
Let wel: Dit is ‘n digitale produk. Geen fisiese boek word gepos nie. Laai die gids eenvoudig af en gebruik dit op jou rekenaar of foon.
Algemene Vrae
Moet ek reeds weet hoe om stiltetyd te hou? Nee. Die gids is juis bedoel om jou te help om jou tyd saam met Jesus te begin. Jy hoef nie alles reeds te weet nie.
Is die gids net vir beginners? Nee. Dit kan ook waardevol wees as jy al lank ‘n pad saam met Jesus stap, maar weer doelbewus tyd vir Hom wil maak.
Is dit ‘n gedrukte boek? Nee. Dit is ‘n digitale PDF-e-boek wat jy kan aflaai en op jou rekenaar of foon kan gebruik.
Kan ek ‘n terugbetaling kry nadat ek die e-gids aangekoop? Omdat dit ‘n digitale produk is wat afgelaai kan word, word terugbetalings nie volgens die aanlyn-winkel se beleid toegestaan nadat die aankoop gedoen is nie, onderhewig aan enige toepaslike statutêre verbruikersregte.
Mag hierdie gids jou aanmoedig om gereeld tyd te maak om by Jesus te sit en Hom beter te leer ken.






Reviews
There are no reviews yet.