Description
‘n Alles-in-een kombinasie om jou te help om gereeld tyd saam met Jesus te spandeer
Een van die belangrikste gewoontes wat jy as kind van God kan aanleer, is om gereeld tyd saam met Jesus in Sy Woord en in gebed te spandeer. Dis hoe ons Hom beter leer ken, Sy stem leer herken, en hoe ons saam met Hom aan ‘n lewende verhouding bou.
Tog is stiltetyd iets waarmee baie gelowiges sukkel. Nie omdat hulle nie wil nie, maar omdat hulle nie altyd seker is hoe om tyd saam met Jesus te spandeer nie. Wat doen jy? Waar begin jy? Hoe bid jy? Hoe lees jy die Bybel op ‘n manier wat sin maak?
Dis presies waarom die Stiltetyd Skatkis geskep is.
Wat is die Stiltetyd Skatkis?
Die Stiltetyd Skatkis is ‘n kombinasie van drie digitale gidse wat jou stap vir stap help om:
* te verstaan hoe stiltetyd werk
* te weet wat om te doen wanneer jy stil raak voor die Here
* selfvertroue te kry in gebed en Bybellees
* ‘n volhoubare stiltetyd-gewoonte te bou
Hierdie Skatkis is ideaal vir beginners, maar ook vir gelowiges wat weer vars inspirasie en rigting in hul stiltetyd soek.
Wat is ingesluit?
By Jesus Se Voete – Stiltetyd-gids
Hierdie gids help jou om ‘n stewige fondasie vir jou stiltetyd te lê. Jy leer:
– waarom stiltetyd belangrik is
– hoe om jou hart en ruimte voor te berei
– hoe om ‘n eenvoudige, realistiese stiltetyd-plan te maak
– hoe om sonder druk of skuldgevoelens tyd saam met Jesus te geniet
Hart Tot Hart – Gebedsgids
Omdat gebed ‘n kern deel van tyd saam met Jesus is, fokus hierdie gids spesifiek op gebed. Dit sluit onder andere in:
– ‘n verduideliking van die Onse Vader as gebedsmodel
– antwoorde op algemene vrae oor gebed
– praktiese leiding oor hoe om die Bybel te bid
– hulp om eerlik en vrymoedig met God te praat
Jesus, Die Bybel, En Jy – VOLG-gids
Hierdie gids leer jou ‘n eenvoudige maar kragtige metode wat jy kan gebruik tydens stiltetyd of Bybelstudie. Die VOLG-metode help jou om:
– stadiger en met aandag te lees
– raak te sien wat God deur ‘n vers vir jóú wil sê
– die Woord prakties toe te pas in jou alledaagse lewe
Vir wie is hierdie Skatkis?
Die Stiltetyd Skatkis is perfek vir jou as:
– jy nog nooit regtig stiltetyd gehou het nie
– jy êrens langs die pad opgehou het en weer wil begin
– jy al lank stiltetyd hou, maar voel dit het droog of roetine geword
– jy leiding soek sonder ingewikkelde metodes of geestelike druk
Begin weer om tyd saam met Jesus te geniet
Jesus se hart is om tyd saam met jou te spandeer. Hy nooi jou om stil te word, te luister en met Hom te gesels – maar die keuse om op te daag lê by jou.
Gebruik die Stiltetyd Skatkis as jou gids om hierdie gewoonte met vreugde en eenvoud aan te leer, en om Jesus hierdie jaar nóg beter te leer ken.
Onmiddellike toegang — 3 PDF lêers.
** Hierdie is ‘n digitale, drukbare produk (PDF) en daarom sal geen geld teruggegee word na die produk aan jou gestuur is nie. **






Reviews
There are no reviews yet.