LUKAS 15: WELKOM TUIS!
As jy vir my sou vra watter een van Jesus se gelykenisse my gunsteling is, dan sou ek moes antwoord die een oor die verlore seun (Lukas 15:11-32). Ek kies hierdie een omdat dit die hart van ons Pappa God so duidelik vir ons wys. Ons sien Sy liefde, Sy barmhartigheid (mercy) en Sy genade…
