Jesus, Die Bybel, En Jy VOLG-Gids + Waag Dit Om Anders Te Wees VOLG-Studie

R130,00

Verdiep jou verhouding met Jesus en ontdek die skatte van God se Woord met die VOLG-metode — ‘n eenvoudige, praktiese en transformerende manier om tyd saam met die Jesus in Sy Woord te spandeer.

Die e-boek Jesus, Die Bybel, En Jy lei jou stap-vir-stap om die VOLG-metode te gebruik om Jesus deur die Skrif te VOLG, die lesse wat Hy jou wil leer te ontdek en dit dan prakties in jou lewe toe te pas.

Saam met die gids ontvang jy ook die VOLG-studie Waag Dit Om Anders Te Wees, wat jou help om te ontdek hoe ‘n kind van God anders leef as die wêreld om Hom te verheerlik.

Vir beginners, besige mense én diegene wat dieper wil gaan.

Onmiddellike toegang — 2 PDF lêers.

Category:
Deel hierdie blad

Description

Jesus, Die Bybel, En Jy — Die VOLG-Metode Gids (PDF e-boek)

Het jy ‘n hartsverlange om Jesus werklik te volg en meer uit jou tyd in die Woord te kry, maar jy weet nie altyd waar om te begin nie? Dan is hierdie gids net vir jou.

Jesus, Die Bybel, En Jy is ‘n praktiese e-boek wat jou stap-vir-stap leer hoe om die VOLG-metode te gebruik. Dis ‘n eenvoudige en veelsydige Bybelstudie-metode wat jou help om Jesus deur die Woord te VOLG, te luister na wat Hy vir jou wil leer en die lesse uit die Skrif in jou daaglikse lewe toe te pas.

Die metode bestaan uit vier maklike stappe:

V — Vra God Se Leiding
O — Ondersoek Die Teks
L — Let Op Die Lesse
G — Gaan En Wees ‘n Doener Van Die Woord

Hierdie e-boek wys jou presies hoe om elke stap toe te pas, of jy nou:
* ‘n beginner is in jou geloof;
* ná ‘n geestelike droogte weer wil begin groei;
* ‘n besige lewe het en iets prakties nodig het;
* of dieper wil delf en nuwe waarhede in God se Woord ontdek.

Met net jou Bybel, ‘n pen en ‘n oop hart kan jy elke dag geestelike groei ervaar, sonder om oorweldig te voel.

BONUS: VOLG-Studie — Waag Dit Om Anders Te Wees (PDF studie)

Saam met die gids ontvang jy ook die VOLG-studie, Waag Dit Om Anders Te Wees.

In hierdie studie gaan jy kyk na Bybelgedeeltes wat wys hoe ‘n kind van God anders leef as die wêreld en so die Here verheerlik.

Elke dag neem jou deur ‘n paar verse van die Bybel met dieselfde maklike stappe van die VOLG-metode. Ideaal vir stiltetyd of persoonlike Bybelstudie.

Hierdie pakket is vir jou as:

Jy jou verhouding met Jesus wil verdiep;
Jy wil leer hoe om die Woord self te verstaan;
Jy wil sien watter waarhede God in die Skrif vir JOU persoonlik het;
Jy die Woord wil begin uitleef in jou daaglikse lewe;
Jy geestelik wil groei op ‘n eenvoudige en vreugdevolle manier.

Wat jy kry:

Jesus, Die Bybel, En Jy — Die VOLG-Metode Gids (PDF)
Waag Dit Om Anders Te Wees – VOLG-studie (PDF)

Geen fisiese produk word gestuur nie — albei dokumente kan onmiddellik afgelaai word ná aankoop.

Belê vandag nog in jou geestelike groei deur te begin om Jesus deur die Woord te VOLG, een dag op ‘n slag!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Jesus, Die Bybel, En Jy VOLG-Gids + Waag Dit Om Anders Te Wees VOLG-Studie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *