Description
Met alles wat op hierdie stadium in die wêreld aangaan, is dit geen wonder dat daar baie mense is wat bang is nie. As jý een van hulle is, dan is hierdie oordenkingsboek net vir jou!
Die e-boek bestaan uit twee gedeeltes:
Deel 1 bevat 15 oordenkings waar jy, onder andere, daaraan herinner word dat die Here jou liefhet, by jou is en jou veilig hou.
Deel 2 bevat Bybelverse wat jy kan kan memoriseer of uitdruk om jouself te herinner aan die redes waarom jy nié bang hoef te wees nie. En daar is ‘n klompie gebede wat jy kan gebruik om te bid, wanneer jy nie woorde het nie omdat jy angstig of bang is.
My gebed is dat hierdie e-boek vir jou ‘n getroue metgesel gaan word wat jy gebruik wanneer angs en vrees hulle koppe in jou lewe uitsteek en jy jouself weer daaraan wil herinner dat jy ‘n God dien wat groter is as al die dinge in die lewe wat ‘n mens bang kan maak!
Die boek is in PDF-formaat, wat dit ideaal maak om op jou foon of rekenaar af te laai sodat jy dit altyd byderhand het wanneer jy dit wil gebruik.
** Hierdie is ‘n digitale, drukbare produk (PDF) en daarom sal geen geld teruggegee word na die produk aan jou gestuur is nie. **
Reviews
There are no reviews yet.