Description
Neem jou tyd van vas en gebed ‘n stappie verder met ons Vastyd Joernaal. Dis spesiaal geskep om tydens jou 21 dae geestelike reis met God te gebruik om jou nie net te lei nie, maar sodat jy na die tyd ook ‘n geskrewe herinnering het van dit wat jy in jou vastyd saam met God geleer en beleef het.
Wat jy binne die joernaal gaan kry:
– Daaglikse Temas, Bybelverse, en Gebedsgedagtes: Kry daaglikse leiding om jou fokus op die Here te hou met ‘n tema vir die dag, ‘n gepaardgaande Bybelvers en asook ‘n gebedsgedagte wat by die tema vir die dag aansluit.
– Persoonlike Gedagtes: Elke dag is daar spasie waar jy jou eie gedagtes, insigte, en gebede kan neerskryf. Gebruik dit om enige iets wat God jou wys neer te skryf en so Sy stem in jou lewe duideliker te hoor.
Met hierdie joernaal kan jy ‘n ritme van stilte, gebed en refleksie skep wat jou nader aan God bring, Sy leiding duideliker maak, en jou geestelike lewe verdiep.
Of jy nou nuut is tot vas en gebed, of dit reeds voorheen as geestelike dissipline beoefen het, hierdie joernaal is die ideale metgesel om met ‘n eenvoudige, maar doelgerig manier, jou vastyd met God te benader.
Kry dus vandag nog jou Vastyd Joernaal en begin ‘n spesiale 21 dae reis van geloof saam met die Here.
** Hierdie is ‘n digitale, drukbare produk (PDF) en daarom sal geen geld teruggegee word na die produk aan jou gestuur is nie. **


Reviews
There are no reviews yet.