Ondersteun Ons

Ondersteun ons

WORD ‘N ONDERSTEUNER VAN BYBEL EN GEBED.

Hier by Bybel En Gebed is ons dankbaar vir elkeen wat die Bediening ondersteun. Daarom wil ek jou persoonlik bedank dat jy dit oorweeg om ons te ondersteun.

Hierdie ondersteuning is ‘n tweerigting-verhouding.

Ons onderneem om vir jou te bid. Ons onderneem ook om artikels en hulpmiddele daar te stel wat jou help met jou studietyd in God se Woord.

Jou gebede en finansiële bydraes help ons weer om die taak wat God ons opgelê het, suksesvol te voltooi.

Bybel En Gebed val onder die sambreel van Luister As God Fluister Internetbediening. Dit is ‘n geregistreerde Nie-winsgewende Organisasie ((PTY) LTD 2007/025833/08).

Jy kan die Bediening op die volgende maniere ondersteun:

ONDERSTEUN ONS DEUR GEBED.

Bid vir almal wat deel is van die Bediening – diegene agter die skerms asook almal wat deur die Bediening bereik word.

Onthou dat ons vir jou, en almal wat deur Bybel En Gebed op verskillende platforms bereik word, ook bid. (Dit sluit in die Bybel En Gebed webblad asook die private Facebook groep.)

FINANSIëLE ONDERSTEUNING.

Jy kan die Bediening ook finansieel ondersteun. Dit kan ‘n eenmalige of ‘n maandelikse bydrae wees. Vra die Here om jou te wys wat jou bydrae moet wees en hoe jy dit moet gee.

Bydraes kan by die volgende rekening inbetaal word:

Rekeningnaam: Luister as God fluister
Bank: Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62162108338
Takkode: 250655 (FNB se nasionale kode)
Indien jy sukkel, probeer dan die tak se naam – Heidelberg Mall
Dis ‘n tjekrekening

Deel hierdie blad