
Hier by Bybel En Gebed het ons ‘n hele klomp gratis hulpmiddele wat jy kan gebruik wanneer jy Bybelstudie doen.
Daar is ‘n gratis e-boek wat jou verskillende Bybelstudie metodes leer. Daar is ook ‘n paar Bybelstudie-vorms op die blad. Laai dit af en gebruik dit saam met die studiemetodes.
Het jy reeds ‘n gunsteling Bybelstudie metode? Laai dan een van die Bybelstudie-leesplanne af en gebruik dit in jou volgende studie. Daar is planne oor die genade van God, die liefde van God, oor hoop en een wat jou gaan help om vrees te oorwin.
Of wat van ‘n hele Bybelstudie oor Markus? Hierdie is ‘n studie vir diegene wat al ‘n ruk lank Bybelstudie doen en op soek is na ‘n studie wat bietjie moeiliker is. Maar moenie dat dit jou afsit nie! Jy kan dit selfs aflaai as jy nog maar min Bybelstudie gedoen het. ‘n Mens weet nooit hoe God dit gaan gebruik om jou te leer nie!
En dan is daar ook ‘n Paastyd joernaal. Hoewel hierdie joernaal meer gemik is op Paastyd, hoef jy dit geensins net gedurende Paastyd te gebruik nie. ‘n Mens kan nooit te veel oor Jesus, en wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het, leer nie.
Elkeen van dié gratis hulpmiddele is daar om jou te help om jou Bybel te studeer en so vir God beter te leer ken en nader aan Hom te kom. So moenie wag nie! Laai sommer elke hulpmiddel af en begin vandag nog om jou Bybel te bestudeer.